20 dae gelede
Maak jou eie doepas teen wintersiektes
VERMINDER: Warm drankies soos dié kan verkouesimp­tome soos ’n seer keel verlig.  ~ iStockPhoto

WARM drankies kan die eerste simptome van ’n verkoue verlig.

Hier is solank twee resepte vir warm kruiedrankies.

Resep 1

Knoffel is antiviraal, antibakteries en dit boost jou immuniteitstelsel en bloedsomloop.

Bestanddele

1 knoffelhuisie, geskil en gekap

1 stuk gemmer, dieselfde grootte as die knoffelhuisie

Sap van ’n halwe suurlemoen

2 teelepels heuning

Metode

Plaas knoffel en gemmer in ’n beker en vul twee derdes met kookwater. Voeg die suurlemoensap en heuning by. Los vir 2-4 minute vir die knoffel om gedeeltelik te kook. Roer met ’n lepel sodat die klein stukkies na onder sink.

Resep 2

Tiemie is antisepties, antibakteries en goed teen hoes, seer keel en ontsteking van die boonste lugweg.

Bestanddele

Een bondel vars tiemie

1 teelepel heuning

Metode

Plaas die tiemie in ’n teepot met kookwater en laat trek tot sterk. Giet die tee in ’n koppie en voeg heuning by.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters