Verlede maand
Los maar daai maagwerk-pil
ongesond: Moet eerder nie die laxative-roete volg om gewig te verloor nie.Foto:oldfashionedbathrooms.co.uk  ~ 

DAAR is mos nou ’n dieet trend. Eet laxatives om gewig te verloor.

Kyk, as jy eers hardlywig was en dan uiteindelik ’n nommer 2 kan doen, ken jy daai gevoel van verligting alte goed. Jy voel dunner, ligter en net beter.

Daarom dink mense dis steeds ’n goeie manier om gewig verloor.

Die slimkoppe sê egter jy dink jy verloor gewig, maar dit is nie so nie, want jy verbrand niks vet nie.

Al waarvoor dit goed is, is om jou bloot te stel aan die gevaar om te dehidreer. En dit kan lei tot lae bloeddruk, moegheid, en selfs hospitalisasie.

Jou liggaam het genoeg water nodig om te funksioneer. So, jy moet maar nie daaraan dink om die laxative-roete te volg nie. – Health24.com

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters