Verlede maand
Leer kleintjies hoe om hulleself te protect
Beskerm: Jy kan jou kinders vir selfverdedigingsklasse opsign.  ~ 

WATTER ander stappe kan ’n mens doen om jou kinders te beskerm?

  • Dis belangrik om seker te maak jy staan in ’n verhouding met mense wat veilig en stabiel is. As jy met enige iemand in ’n verhouding is waarin mishandeling gebeur, kan dit ook na jou kind toe oorvloei. Dit is belangrik om hulp te kry as jy self in ’n verhouding is waarin mishandeling plaasvind of jy vermoed of weet jou kind word mishandel.

Hoe kan ouers hulle kinders leer om hulleself te beskerm?

  • Probeer jou kind help om ’n ondersteuningstelsel buite julle gesin op te bou. Die trusted meneer by die rugby, juffrou by die skool, kitaar-oom of kerk-antie. Of ’n ander betroubare volwassene wat ’n ondersteuningsrol vir jou kind kan speel as hulle wil praat oor iets wat pla.
  • Leer jou kind hoe om hom- of haarself fisiek te verdedig. Hulle moet dit kan doen wanneer hulle regtig moet. Die kinders moet ook uit ’n situasie kan wegstap wanneer hulle dalk uitgelok word om geweld te gebruik.
  • Leer hulle om uit te kyk vir mense wat verdag lyk en leer hulle om nooit saam met ’n vreemdeling te gaan nie.

Hoe vind jy as ouer die balans tussen besorg en behep?

  • Om bewus te wees van als wat om jou aangaan en betrokke te wees by bv. WhatsApp-groepe van buurtwagte en so meer help jou om paraat te wees. Maar dit kan ’n mens ook heeltemal verlam.

Wat kan ouers doen wie se kinders reeds mishandel is?

  • Gaan kry so gou moontlik hulp. Moenie bang wees dat jy jou en jou kind blootstel nie. En moenie probeer om iets wat gebeur het, weg te steek nie. Dit is belangrik dat jou kind, jy en dalk die hele gesin hulp gaan kry. Jy en jou kinders moet weet hoe om ’n slegte situasie deur te werk sodat dit ’n mens nie in die toekoms verlam nie.
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters