12 dae gelede
Leer jouself goed ken
kyk na jouself: Jou fisieke welstand is net so belangrik. Foto: the body book  ~ 

JY KAN jou selfbeeld geleidelik ontwikkel deur aan verskeie areas in jou lewe te werk. Dit gebeur nie oornag nie, maar jy kán self die leisels neem.

  • Ontwikkel jouself as ’n geheel.
  • Versorg en vertroetel jouself.
  • Bou ’n goeie ondersteuningstelsel.
  • Werk aan jou fisieke welstand.
  • Gee uiting aan jou emosies.
  • Bly ingestel op sukses deur jouself te vra of enige iets jou nader of verder aan jou doelwit gaan bring.

As jy jou emosies probeer nietig maak of wegwens, is dit moeilik om te weet wie jy is. Jy voel dan innerlik verwyder van jouself.

Deur jou emosies te identifiseer en uiting aan hulle te gee, kan jy meer bewus word van jou behoeftes, wense en hunkerings. Jy sal dan meer vervuld wees. Dit verg moed en tyd om verantwoordelikheid vir jou emosies te vat en aan hulle uiting te gee.

Ook moet jy bereid wees om weerloos te wees in die teenwoordigheid van ander persone wat jy vertrou. – weebly.com

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters