Verlede maand
Leef binne jou vermoë
Wees deeglik: Doen navorsing as jy beplan om ’n kar te koop.  ~ 

DIE beperkings van ’n ballonbetaling wissel afhangende van verskeie faktore.

Elke finansiële instelling oorweeg spesifieke faktore, onder meer die ouderdom van die voertuig, jou finansiële profiel of die lenings­termyn self.

Ondernemings gebruik die term “reswaarde” om die voorgeskrewe bedrag te beskryf wat ’n bate aan die einde van die termyn gaan werd wees.

Wat dit beteken, is dat indien jy van plan is om die motor te verkoop om jou ballonbetaling te doen, jy waarskynlik nie genoeg vir jou motor gaan kry om jou skuld te dek nie. Niks ekstra nie.

Kom ons sê jou motor word vir R400 000 gewaardeer en daar word voorspel dat dit ná vyf jaar slegs R200 000 gaan werd wees.

Risiko’s

Ná vyf jaar het die motor slegs 50% van sy waarde behou. Geen bank sal ’n ballonbetaling van meer as 50% vir ’n vyfjaarlening toestaan nie.

Weens verskeie risiko’s sal die ballon­betaling wat toegestaan word natuurlik heelwat laer wees – gewoonlik 30%. In die geval waar jy die motor bruikhuur (met of sonder ’n ballonbetaling), is daar ander beperkings wat jy in ag moet neem.

Aangesien ’n motor se mylafstand sy herverkoopwaarde beïnvloed, is daar gewoonlik ook ’n jaarlikse afstandbeperking. Dit is normaalweg 15 000 tot 25 000 km per jaar. As jy dit oorskry, kan jy ’n koste-per-kilometer-boete opgelê word.

Slegte nuus vir party van ons – jy word nie toegelaat om wysigings of opgraderings aan die motor aan te bring nie.

Verder is daar ook beperkings op slytasie. Abnormale skade wat die kar se herverkoopwaarde verder verlaag, kan tot boetes lei.

As jy egter ’n plan het om aan die einde van die termyn met die geld vorendag te kom, is dit ’n ander storie.

Die enigste versekering wat met ’n ballonbetaling aanvaar word, is omvattende motorversekering. Hoewel ’n ballonbetalings-transaksie dalk aanloklik klink en dit ’n geleentheid is om jou droomkar te bestuur, is dit nie altyd die beste oplossing nie.

Dit is belangrik om deeglik navorsing te doen en na te dink oor die wysheid van jou besluit. In plaas daarvan om oor vyf jaar met verlammende skuld te sit, is dit dalk beter om by ’n maandelikse begroting te hou en binne jou vermoë te lewe.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters