Verlede maand
Langnaweek op beperkte budget
KA-tjieng: Vermy tolhekke en bespaar geld. foto verskaf  ~ 

BAIE mense vat dié langnaweek die pad – ten spyte van die hoë brandstofprys.

Matthys Potgieter van DebtSafe het ’n paar idees oor hoe jy minder brandstof kan gebruik.

  • As vriende of familielede van dieselfde plek af na dieselfde bestemming toe ry, kan julle saam club. Gebruik byvoorbeeld twee motors pleks van drie.
  • Vermy tolhekpaaie, as dit enigsins moontlik is. Gebruik die ompad en bespaar só op die stygende tolgeld.
  • Deesdae kan jy by ’n hele paar plekke loyalty points opbou wanneer jy jou voertuig by sekere vulstasies vol maak. Kry so ’n gratis kaart en gaan maak by die vulstasie vol met wie hulle ’n ooreenkoms het.
  • Gebruik ’n app op jou selfoon soos FillApp om track te hou van hoeveel brandstof jou voertuig gebruik. Dit sal jou ook help geld spaar – veral wanneer jy rondom Paasfees die tenk se dors moet les.
  • Onthou, die kleinhandelprys vir diesel word nie gereguleer nie. Dit sal die moeite werd wees om jou huiswerk te doen om uit te vind wat die vulstasies op jou pad vir diesel vra. Natuurlik gaan jy spaar as jy dan by die goedkoopste een ingooi.

Opstoot

  • Kyk na jou kar. Laat jou voertuig se bande byvoorbeeld gereeld pomp. As die druk nie reg is nie, kan die bande skeef afloop en boonop die brandstofverbruik opstoot.

Dis nog nie te laat om te besin oor jou Easter budget nie. Besluit hoeveel jy kan uitgee en hou daarby. Só sal jy jou Paasnaweek saam met jou geliefdes beter kan geniet.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters