29 dae gelede
Laat jou kinders só veilig speel
Let op: Kyk of ’n speelding klein, verwyderbare dele het wat in ’n kind se mond kan pas en kan veroorsaak dat hy of sy verstik.  ~ istockphoto

ONS gooi ons kinders toe onder die speelgoed, maar is nie regtig bewus van watter speelgoed gevare vir ons kosbare kleingoed inhou nie.

Die webwerf jougesin.solidariteit.co.za berig Kirstie Has­lam van DSC Attorneys, ’n prokureursfirma wat in persoonlike beserings spesialiseer, sê gevaarlike speelgoed is aanlyn en in winkels beskikbaar en kan gevare inhou wat kinders blootstel aan beserings en selfs die dood.

Die Amerikaanse nieregeringsorganisasie World Against Toys Causing Harm (W.A.T.C.H.) het onlangs sy jaarlikse lys van gevaarlike speelgoed uitgereik.

Volgens Haslam word daar in die verslag klem gelê op van die algemene veiligheidsgevare wat jaar ná jaar voorkom. Dit sluit swak ontwerpte speelgoed in, asook teenstrydige en onvoldoende waarskuwings en ouderdomsaanbevelings.

In die verslag word daar onder meer verwys na projektiel-speelgoed wat met genoeg krag klein deeltjies kan afvuur om oogbeserings te veroorsaak.

Wenke om die regte en veilige speelgoed te koop:

  • Maak seker die speelding is ouderdomsgepas. Gooi die verpakking weg nadat ’n speelding oopgemaak is, aangesien dit ook gevaarlik kan wees.
  • Kyk of ’n speelding klein, verwyderbare dele het wat in ’n kind se mond kan pas en kan veroorsaak dat hy of sy verstik.
  • Speelgoed wat van materiaal gemaak is, moet as vlambestand gemerk wees.
  • Verf op enige speelgoed moet loodvry wees.
  • Kunsmateriaal moenie giftig wees nie.
  • Speelgoed wat met batterye werk, moet ’n veilige stoorplek hê sodat kinders dit nie in die hande kan kry nie.
  • Ry-speelgoed kan gekoop word sodra ’n kind sonder ondersteuning regop kan sit.
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters