12 dae gelede
Kyk verder as varsity vir beroep

MENSE in Suid-Afrika glo ’n graad gee jou die beste kans om ná jou studie ’n werk te kry.

Maar met die alewige innovering en tegnologie hou die course content van tradisionele grade nie by met die tye nie.

Mites

Ons kyk soms verby die opsies wat ander kleiner, meer dinamiese tersiêre instellings bied.

Dié opsies kos gewoonlik baie minder as ’n graad-opleiding by ’n tradisionele universiteit.

Juis daarom wil ons mites oor tersiêre opleiding die nek inslaan.

Hieronder lys ons die mites van tersiêre opleiding:

Alle tersiêre opleiding hou by met die tye, trends en nuwe inligting

Baie inrigtings assesseer hulle sillabusse elke drie tot vyf jaar en studente leer dan outdated vaardighede wat verhoed dat hulle ’n werk kry.

Die CEO en stigter van HyperionDev, Riaz Moola, sê: “Baie van dit wat by tradisionele instellings aangeleer word, is verouderd terwyl aanlyn training providers gereeld shift en transformeer om in die behoeftes van die toekoms te voorsien.”

Jy moet in ’n groot stad bly om goeie opleiding te ontvang

“Om aanlyn te studeer, is nie net goedkoper as om by ’n universiteit te studeer nie. Dit is ook toegankliker, want die student gaan nie geld uitgee vir ander onkoste soos verblyf en vervoergeld, nie,” verduidelik Moola.

Slimfone kan ook gebruik word met aanlyn kursusse om studente in staat te stel om selfs in die mees rural areas en plekke inligting te bekom.

Jy móét ’n graad hê om werk in Suid-Afrika te kry

Volgens ’n opname wat in 2016 gedoen is, is byna ’n halfmiljoen Suid-Afrikaners met ’n tersiêre kwalifikasie van ’n kollege of universiteit sonder werk.

’n Opname in 2017 deur die website Indeed wys 72% van werkgewers glo bootcamp graduates is net sulke high performers soos diegene wat ’n tradisionele graad het.

“Dit bewys dat tradi­sionele onderrig nie alleenlik die effektiefste of enigste manier is om toe te tree tot die Suid-Afrikaanse job market nie,” verduidelik Moola.

Die meeste studente wat aansoek doen om ’n graad of ’n diploma, voltooi hulle studie

Hierdie jaar het ’n studie deur die departement van hoër onderwys en opleiding onthul 47,9% van universiteit­studente voltooi nie hulle studie nie.

Die finansiële las om ’n drie- of vierjaar-kursus te voltooi, maak dit baie moeilik vir studente om hulle graadkursus te voltooi.

’n Graad betaal vir homself

Volgens onlangse data haal ’n student in 2019 gemiddeld R64 200 uit vir die eerste jaar van universiteit.

Daar word verwag dat dié koste in 2025 tot gemiddeld R107 600 kan opskiet.

In Suid-Afrika word studente dikwels daarmee belas om self die studiekoste te betaal. Baie studente neem dan studielenings.

Instap

Sodra die studente hulle studie voltooi en by ’n werk instap, moet hulle hul studielening begin terugbetaal.

En as jy nie by ’n werk instap nie, kan hierdie terugbetaling van die studielening baie stres vir so ’n jong persoon veroorsaak.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters