2 maande gelede
Kyk rond voordat jy leen
dink mooi: Jy moet die ware koste van lenings probeer verstaan. Foto:aimhigherafrica.com  ~ 

DIE meeste mense vat die een of ander loan uit in hulle leeftyd.

Of dit nou ’n short-term loan of ’n loan oor 20 jaar is, dit is belangrik om slim te wees en seker te maak jy weet waarvoor jy jou inlaat voordat jy op daai dotted line teken.

Mellony Ramalho van African Bank sê siende dat Oktober finansiële beplanningsmaand is, moet die belangrike rol van finansiële adviseurs beklemtoon word.

Ramalho sê: “As jy dit oorweeg om ’n lening uit te vat, moet jy eers saam met ’n professional daaroor praat.

“Ons praat met kenners as ons ’n kar koop of as dit vir ’n mediese operasie gaan, so presies dieselfde beginsel moet vir ons finansies geld.”

Hy voeg by: “Daar is baie finansiële kenners by jou bank wat meer as gewillig sal wees om met jou te praat oor die ins en outs van lenings en wat vir jou pas.

“Jy kan ook praat met ’n betroubare familielid of vriend wat geld-savvy is, en vir hulle raad vra.”

Hieronder is ’n paar wenke wat jy met jou finansiële adviseur kan discuss:

Verstaan die ware koste van ’n lening

As jy vir die regte lening rondkyk, moet jy seker maak jy vergelyk appels met appels. Die ware koste van ’n lening sluit in die rente wat betaal moet word, enige ander koste en wanneer dit terugbetaal moet word.

Sommige banke sê hulle bied ’n voorkeurkoers aan vir hulle huidige kliënte, maar jy kan steeds goedkoper lenings elders kry.

So, gaan kyk ’n bietjie rond en kry ál die feite voordat jy lenings teenoor mekaar opweeg. Vind ook uit wat sal gebeur as jy ’n paaiement mis (of jy gestraf sal word), en so meer.

Check jou credit score en die fynskrif

Voordat jy aansoek doen vir ’n lening, moet jy na jou kredietgradering gaan kyk.

As jou credit score nie goed is nie, gaan jy dalk ’n duurder deal kry.

Jy moet ook mooi kyk na die fynskrif om te kyk of jy eligible is.

Sommige leners het baie voorwaardes waaraan voldoen moet word voordat ’n lening goed­gekeur word.

Om net aansoek te doen vir lenings waarvoor jy eligible is, sal jou baie admin spaar, asook die kanse verminder dat jy afgekeur sal word.

Vra oor vroeë repayment charges

Het jy geweet dat sommige leners jou charge as jy jou lenings by hulle vroeër terug­betaal?

Dit is ’n goeie idee om te kyk hoe baie jy sal moet opdok voordat jy aansoek doen vir ’n loan.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters