2 maande gelede
Kry daai balans
goeie raad: Herman Lombard sê mense moet na verskillende opsies kyk. FOTO VERSKAF  ~ 

VERSEKERING is groot besigheid en daar is finansiële produkte wat omtrent alles dek.

Maar hoe bepaal jy watter finansiële produkte regtig nodig is en wanneer dit genoeg is?

Volgens Statistieke Suid-Afrika is die werkloosheidsyfer tans 29% – die hoogste in 11 jaar.

Pres. Cyril Ramaphosa het juis voorspel nóg werkgeleenthede sal verlore gaan weens tegnologiese vordering, globalisering, klimaatsverandering en groeiende ekonomiese uitdagings.

Versekeringskenners meen mense moet gebalanseerde dekking hê wat betref produkte soos lewens-, begrafnis-, huis- en voertuigdekking.

Veilig

Herman Lombard, CEO en stigter van die versekeraar African Unity, sê verbruikers moet na al hulle produkte kyk en die uitgawes uitwerk.

Jy moet die voordele vergelyk en kyk waar daar gapings is.

“Jy moet die regte dekking hê om seker te maak jou gesin is veilig. Maak seker jy is gedek teen die onvoorsiene.

“As dit in plek is, kan jy kyk watter finansiële planne pas nie in nie.”

Lombard sê ’n mens moet seker maak jy het nie te min of te veel versekering nie. Dis belangrik om te kyk hoe jou geldsake lyk sodra jy begin werk, wanneer jy met ’n gesin begin en wanneer jy begin regmaak om af te tree.

Lombard stel voor jy kry professionele raad oor polisse wat jy uitneem.

Die eerste keer wanneer jy eiendom koop, kan ’n finansiële adviseur se raad baie nuttig wees.

Lombard sê wanneer jy trou en met ’n gesin wil begin, is lewensversekering en huisversekering sekerlik nodig. Wanneer die kinders gebore word, is medies ook belangrik.

Volgens Lombard moet jy in jou 40’s weer stock neem van wat jy het en nie het nie.

Aftree

“Kyk veral na jou funeral cover en jou huishouding.”

Baie mense wil aftree wanneer hulle 55 is.

Lombard meen dis dalk beter om aan te hou werk en seker te maak jou aftreegeld is genoeg.

Wanneer jy wel aftree, is dit nodig om goeie mediese dekking te hê.

Lombard sê dis nie ideaal om jou aftreegeld te gebruik om jou mediese onkoste te help dek nie.

Volgens hom is daar ook baie mense wat baie geld vermors op versekering wat oorvleuel of dubbeld is.

“Omdat die land finansiële onsekerheid ondervind, sal dit help om stock te neem van jou geldsake.

“Kry dan ’n gekwalifiseerde finansiële beplanner om te help.” – African Unity

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters