2 maande gelede
Koue kwel vel
Laat dit glow: Die winter kan jou vel uitdroog en grof maak. Foto’s verskaf  ~ 

VOEL jou vel grof en droog?

Dit is moeilik om jou vel in die winter gesond en glansend te hou, want die lae temperatuur veroorsaak dat jou vel baie van sy natuurlike vog verloor.

Maar gelukkig hoef jy nie te worry nie, want ons het van die beste wenke gaan soek om seker te maak jou vel kry die nodige versorging.

  • Op die webwerfmycederberg.comword gesê ’n mens moet ’n goeie lyfroom gebruik. Skaf ’n lyfroom aan wat baie olie bevat en smeer dit minstens twee keer ’n dag aan.

Maak seker jy smeer op die areas waar dit gewoonlik baie droog voel soos jou elmboë en bene. Om ’n gesonde vel te hê, moet jy ook die regte soort seep gebruik wat ’n bevogtiger in het. Seep is baie alkalies en kan jou vel gou uitdroog.

Moet dus nie gewone lyfseep op jou gesig gebruik nie, maar eerder ’n spesiale gesig­seep.

  • Moenie met makeup aan slaap nie. Dis skadelik vir jou vel. As al daardie chemikalieë die hele nag intrek, het jou vel dit teen die oggend geabsorbeer. Dit is ’n onreg wat jy jou gesig aandoen.

Gebruik elke aand makeup-verwyderaar en spoel wat oorbly met koue of warm water af voordat jy gaan slaap.

  • Bad-olie werk ook fantasties. As jy geneig is om te sukkel met jou vel wat droog voel nadat jy gebad het, is dit ’n goeie idee om ’n paar druppels bad-olie in jou badwater te gooi. Dit sal nie net jou vel tydelik bevogtig laat voel nie, jy sal ook nie so baie lyfroom hoef aan te smeer nie.
  • Beskerm jou vel teen die wind en weer. Dit sal wys wees om lang klere te dra as jy weet die wind gaan daardie dag woes waai. Smeer ’n vogroom aan nadat jy ’n lang tyd in die wind was.
  • Die son speel ook ’n groot rol en kan jou vel beslis uiters kwaai uitdroog.
  • Lyfskropsout is ’n goeie keuse om een keer elke twee weke te gebruik.

Dit sal die oortollige opgeboude velletjies van jou hele lyf verwyder. Dít help weer jou vel om enige bevogtigingsroom beter te laat intrek.

  • Dra jou handskoene in die winter om te voorkom dat die vel op jou hande kraak. Gebruik ook rubberhandskoene wanneer jy sterk chemikalieë gebruik om skoon te maak.
  • Drink baie water. Water sal jou gesond maak van binne. Jou vel is jou liggaam se grootste orgaan. Net soos enige ander orgaan, funksioneer dit die beste as jy sommer baie water inneem.
  • As jy nie baie water wil drink nie, is daar ’n paar opsies om jou gehidreer te hou. Eet vrugte en groente ryk aan water, soos appels, komkommer, blaarslaai en bessies. Try ook kruietee en ander tee wat nie kafeïen bevat nie.
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters