Verlede maand
Koop wat jy nodig het, dis al
bargain? Dis uitstallings in winkelvensters soos diĆ© wat klante in die versoeking lei om net te koop, koop en nogmaals koop.Foto: netwerk24  ~ 

ONS almal ken daai versoeking: Alles wat jy sien, lyk ewe mooi.

So, hoewel jy dit nie nodig het nie, wonder jy tog of jy dit nie maar vir ingeval moet koop nie.

Dis nou terwyl ’n paar sulke “ingeval-items” dalk hoeka ongebruik in jou klere­kas lê.

Dis dalk een of twee of selfs meer items waarvan die label nie eens afgehaal is nie.

Dié begeerte om te koop wat jy waarskynlik nie nodig het nie, word impulsiewe shopping genoem.

So, moenie toelaat dat die massas shoppers jou op Black Friday meevoer nie.

Die frenzy van grypende hande kan maklik ontaard in ’n kompetisie bloot om items voor iemand anders weg te raap.

Vra jouself of jy dit regtig nodig het. Beter nog: Stel by die huis ’n lysie op van wat jy werklik nodig het.

Die versoeking om dan goed te koop wat jy nie nodig het nie, behoort jou nie te oorval nie.

Platsak

Doen dit, en jy doen jouself ’n groot guns, want onthou, Kersfees lê ook nog voor.

En dan volg Januarie, waarin die meeste mense platsak is.

Nóg ’n stukkie raad: As jy kinderklere op special koop, koop eerder in verskillende groottes omdat kinders so vinnig uit hulle klere groei.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters