18 dae gelede
Koop ’n kar wat jy kan bekostig
ENE SMILES: Dié motoris glimlag, want sy is tevrede met haar keuse van ’n ryding.foto verskaf  ~ 

OM ’N kar te koop, is – naas huis koop – een van die belangrikste besluite wat jy sal moet neem.

En jy gaan dit waarskynlik ’n hele paar keer in jou lewe moet doen.

Dis dus baie belangrik om ’n kar te koop wat aan jou vervoerbehoeftes sal voldoen en jou nie in die steek sal laat nie.

Die kenners van finansies. solidariteit.co.za meen die eerste stap wat jy moet neem, is om uit te werk hoeveel jy kan be­kostig om te betaal.

Doen dit veral as jy geld by die bank wil leen en dié maandeliks moet afbetaal.

En as jy nie ’n be­groting het nie, is dit nou ’n goeie tyd om een op te stel, want dis nie net die maandelikse paaiement wat jou sak sal ruk nie. Daar is ook koste soos versekering, brandstof, lisensiegeld en instandhouding.

Kyk ook uit vir voorwaardes in die verskeie finansieringsopsies, soos ’n ballonbetaling, waar­volgens jou paaiemente minder is, maar jy aan die einde van die ooreenkoms ’n groot bedrag moet inbetaal.

Geriewe

Vergelyk die produkte van ’n verskeidenheid vervaardigers voordat jy ’n model kies.

Die meeste vervaardigers bied deesdae min of meer dieselfde geriewe soos air con en connectivity.

En as jy ’n kortlys van, sê, vyf het, gaan toetsbestuur hulle voordat jy besluit. Dis belangrik om ’n gevoel te kry van die kar wat jy die volgende drie jaar sal ry.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters