3 maande gelede
Kom in die mood vir ’n workout
oefen saam: Nooi jou vriendinne om saam met jou te oefen.FOTO VERSKAF  ~ 

HIER is nóg ’n paar wenke oor hoe om jouself te motiveer en gereed te kry vir oefening.

Pak en berei voor

Kry jou oefenklere die vorige aand gereed. As jy dadelik werk toe moet gaan, pak ook ’n sak met alles wat jy nodig het om te stort en jou grimering te doen sodat jy jou roetine kan vereenvoudig. Is ontbyt die enigste ding wat jou inspireer om gym toe te gaan? Maak ’n smoothie of berei jou hawermout die vorige aand en hou dit in die yskas.

Beplan jou oefen­roetine

Om gym toe te gaan sonder ’n oefenplan, is genoeg om enigeen se motivering in die wiele te ry, veral vroeg soggens wanneer jou brein nog ’n bietjie beneweld is. Dit is hoekom dit belangrik is om ’n vasgestelde roetine in gedagte te hê. Of jy nou beplan om maagoefeninge te doen, op die trapmeul te draf of ’n jogaklas te bespreek, wees seker wat jou doel is.

Nooi ’n vriendin saam

Om die sluimerknoppie te druk sal moeiliker wees as jy jou tot iets verbind het. Maak ’n afspraak met ’n vriendin vir jou volgende spin- of jogaklas. Daar sal dalk selfs genoeg tyd vir koffie en gesels ná die tyd wees.

Wees veilig

Hoewel ons gelukkig is om in die somer vroeg soggens sonlig te hê, kan koue, donker oggende in die winter ’n uitdaging vir jou oefenroetine wees. Hou jou oggendoefening aangenaam en veilig deur bewus van jou omgewing te wees en parkeer jou motor op ’n goed verligte plek naby die gim, park of oefenklas.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters