5 maande gelede
Kom gou in droomland
Dut genoeg: Jy moet vroeg in die bed kom as jy vroeg wil opstaan. foto’s verskaf  ~ 

DIS soggens yskoud en ons almal wil eerder verder onder die warm komberse inkruip as om op te staan.

Om vroeër wakker te word is nie vir almal nie, maar goeiehuishouding. co.za het net die regte wenke wat jou sal help om vroeër op te staan.

“Ons slaapbehoeftes word biologies bepaal,” sê dr. Pradeep Bollu, ’n slaapspesialis en neuroloog by MU Health Care in Amerika.

“Om soggens verfris te voel, moet ons ons ‘slaapskuld’ afbetaal. Dis nou die biologiese slaapvereiste elke nag.”

Die meeste volwassenes het so 7 tot 8 uur slaap per 24 uur nodig.

Minder as 5% het minder as ses uur nodig, en nog 5% behoort eintlik méér as 8 uur per nag te slaap.

Dit beteken om vroeër wakker te word, moet jy ook vroeër gaan slaap. Die mediese fakulteit van die Harvard-Universiteit se afdeling vir slaapbehandeling waarsku te min slaap kan jou oordeel, bui en leervermoë beïnvloed, en eindelik tot gesondheidsprobleme soos vetsug, diabetes en hartsiektes lei.

Maar as jy gereed is om jou geliefkoosde laatnagprogramme te los en jou by die oggendmense aan te sluit, is daar baie wat jy kan doen om dit makliker te maak.

Hier is ’n paar wenke:

  • Hou by ’n konsekwente slaapskedule

Die sleutel daartoe om ’n oggendmens te word, is om elke dag min of meer dieselfde tyd bed toe te gaan en op te staan — selfs in naweke.

“Dit help ons brein verstaan wanneer om te gaan slaap en wakker te word,” sê Bollu.

“Deur dit te doen, stel ons ons interne of sirkadiese horlosie in staat om gedurende spesifieke ure in die dag aktief te wees en snags onaktief.”

Probeer om jou skedule geleidelik so 15 minute op ’n slag vroeër te skuif om jou liggaam te help om aan te pas.

  • Sny kafeïen ná 16:00 uit

Koffie en ander stimulante soos tee en sjokolade kan met dié interne horlosie inmeng as jy dit later in die dag inneem. As jy kafeïen minstens vyf uur voor slaaptyd vermy, sal dit makliker wees om by dieselfde skedule te hou eerder as om snags rond te rol.

  • Peusel aan pistachio’s en kersies

Regtig! Hierdie kosse het ’n reputasie dat hulle slaap aanhelp. Dis danksy voedingstowwe soos vitamien B6 en magnesium.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters