6 maande gelede
Klim skuldbult uit met ’n gids
DEBT BUSTER: Doen die moeite en gaan spreek ’n finansiële adviseur oor jou skuld.  ~ Getty Images

JY KAN op vier finansiële wenke, doelwitte of Nuwejaarsvoornemens – wat ook al jy hulle wil noem – fokus om jou geldsake vanjaar om te draai.

1. Begroot behoorlik en maak wysigings indien nodig.

Dit is belangrik om ’n wakker akker te wees oor jou geldsake. Die beste manier om dit reg te kry, is om ’n begroting na gelang van jou behoeftes vir elke maand op te stel nie.

Begin met jou netto inkomste­. Trek jou lang­termynskulde en/of enige beleggings en korttermyn-spaarplanne en noodsaak­like uitgawes af.

Elke maand het sy eie finansiële vereistes. Dink maar aan Januworry. Dié maand sou darem baie korter gevoel het as jy budget eenkant gehou het vir al daai skooltoebehore.

2. Doen ’n voorraadopname van jou nodige uitgawes en kostes wat jy kan vermy.

Jy kan letterlik nie bekostig dat jou uitgawes jou inkomste oorskry nie. As jy reeds begroot, wonderlik. Dan weet jy wat inkom en uitgaan. Maar nóú is ook die tyd om daai onnodige “lekkasies” toe te stop.

3. Raak aktief betrokke by jou geldsake.

Geld is belangrik, so jy moet weet wat aangaan! Tog is baie van ons onseker oor ons finansies.

Moenie soos ’n volstruis wees en dink wanneer jy jou kop in die sand druk, dan verdwyn jou finansiële ellendes nie.

Optrede

Hier is ’n paar wenke om jou betrokkenheid te verseker:

  • Hou jou begroting gereeld dop.
  • Stel inkopielyste vooraf op en hou daarby.
  • Moenie kredietkaarte gebruik vir lopende kostes soos brandstof en groceries nie.
  • Betaal jou skuld op ’n slim manier af. Pak die kaart met die hoogste rentekoers eerste en steek elke sent wat jy kan daarin. Dit werk. Die syfers lieg nie!

4. Laastens, moenie jou skuldbult alleen probeer uitklim nie.

Om uit skuld uit te kom is nie ’n eenmanvertoning nie.

Finansiële beplanners, adviseurs en bankpersoneel kan jou bystaan.

In ernstige gevalle van skuld kan die NKR en geregistreerde skuldberaders jou lei en help om jou situasie te verlig.

Waarvoor wag jy?

DebtSafe is ’n gereguleerde maatskappy en die span staan reg om jou uit jou skuld te help.

Vir hulp kan jy ’n gratis SMS met jou naam en van stuur na 30898.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters