25 dae gelede
Klaas Vakie nou skaars
Baba: As jou bloedjie min slaap, kry jy waarskynlik ook nie veel rus nie. foto verskaf  ~ 

HOE gemaak as jou baba sukkel om te slaap?

Die ouens daar by jougesin.solidariteit.co.za meen ’n nuwe­ bloedjie kan veroorsaak dat ouers ure se slaap verloor. En as baba self sukkel met slaap, kan dit dinge vererger.

’n Gebrek aan slaap veroorsaak nie net dat jy moeg voel nie, dit beïnvloed ook jou denke en gedrag.

Dinge kan veral neuk as jy ’n werkende mammie of derra is.

) Só lyk babas se slaappatrone

’n Baba se slaappatroon verskil hemelsbreed van dié van ’n volwassene. Babas is baie meer in REM-slaap as volwassenes. Dis wanneer die hart vinniger klop, daar vinniger asemgehaal word en die oë heen en weer beweeg.

Dit beteken baba slaap korter tydperke (so drie tot vier ure aaneen) en word makliker wakker. Dan herhaal dié patroon.

) Wat beteken dit vir ouers?

As jou baba wakker is, is jy waarskynlik ook – al is dit dan net een ouer op ’n slag. Dit beteken jy is in ’n nag van ag ure tipies twee, drie of meer keer vir 20 minute of langer wakker.

Die probleem hiermee is dat jy baie minder diep slaap en uitgeput en moeg voel.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters