2 maande gelede
Jy kan nóú al jou somerlyfie hê
gesond: Maak seker jy drink genoeg water.Foto: shakarasquare.com  ~ 

DAMES, as ons nóú al begin reg eet en oefen, dan hoef ons mos nie angstig te raak sodra dit hoogsomer is nie, nè?

Jy hoef nie groot veranderinge aan die begin te maak nie. Begin klein en laat jou liggaam daaraan gewoond raak.

Begin deur stysel, bygevoegde suiker, dierevet en suiwelprodukte te vermy.

As jy na effektiewe en volgehoue gewigsverlies streef, moet jy fokus op vrugte, groente, eierwitte, sojaprodukte, hoender sonder die vel, vis, skulpvis, suiwel wat min vet bevat en maer vleis.

Hier is ’n paar wenke hoe om langer vol te bly

Eet genoeg groente. Dit laat jou langer versadig bly.

Drink genoeg water.

Verwyder ongesonde kos – wat jou lok – uit jou huis.

Bly besig – moenie na die yskas loop omdat jy ledig en verveeld is nie.

Eet uit ’n bord terwyl jy by ’n tafel sit – moenie voor die yskas staan en nibble nie.

Moenie maaltye oorslaan nie – dit veroorsaak dat jy te veel by jou volgende maaltyd eet.

Hou ? kosdagboek – pen alles neer wat jy in jou mond sit. Dit sal jou ook help om op die regte pad te bly.

Om iets neer te skryf, is ’n goeie manier om jou gewig af te skud.

Bui

Jy sal ook sien hoe dit wat jy eet, verminder en die kwaliteit verbeter. Dit sal jou motiveer om gewig te verloor en aan te hou met jou keuse tot ’n gesonder leefstyl.

Dis belangrik dat jy neerskryf hoe jy gevoel het toe jy eet. In watter bui was jy? Was jy hartseer, mismoedig, briesend of net bloot vervelig? Jou emosies speel ’n groot rol in jou eetgewoontes.

As jy ’n patroon sien in hoekom jy eet, is dit tyd om hulp te kry. Praat met ’n professionele persoon. – mannaplus.co.za

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters