Verlede maand
Jy kán jou credit rating hoër kry
versoek: Die meeste prokureurs kan die aansoek teen ’n minimale bedrag vir jou bring. foto verskaf  ~ 

WAT om te doen?

TransUnion sê aangesien jou kredietprofiel ’n snapshot is van hoe ’n groot risiko jy skynbaar op enige bepaalde tydstip is, verander hierdie prentjie wanneer nuwe inligting by jou bank- en kredietburolêers gevoeg word.

Selfs al was jy in die verlede nalatig en roekeloos met krediet, kan jy jou kredietwaardigheid weer verhoog deur nou en in die toekoms meer verantwoordelik met geld te wees.

  • TransUnion se raad is dat jy eers jou skuldeisers kontak en met hulle saamwerk om ’n ander betalingskedule of rentekoers vas te stel.
  • Nog ’n ooglopende (maar dikwels verontagsaamde) stap in hierdie proses is om verdere skuld te vermy.
  • Vantage Debt Management raai verbruikers aan om ’n skuldberader te kontak as hulle onder groot finansiële stres is. ’n Skuldberader sal kredietverslae opstel en raad gee oor hoe om daai credit score weer in die groen te kry.
  • Die beste raad is om ’n begroting op te stel en daarby te hou. En moenie kommunikasie van en met jou skuldverleners ignoreer nie.

Kragtens die Nasionale Kredietwet (Wet 34 van 2005) kan mense wat die skuld vereffen het waarvoor hulle geswartlys is, aansoek doen by die krediet­buro waar hulle gelys is om hulle naam weer van die swartlys af te verwyder.

Dit kan gedoen word deur ’n aansoek te bring vir die terugtrekking van daardie swartlysting. Die meeste prokureurs kan hierdie aansoek vir jou bring teen ’n minimale fooi.

Jy kan ook jou versoek direk aan die kredietburo rig.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters