Verlede maand
Jy eet reeds nodige stysel
ALS reg: Die stysel wat goed is vir jou ingewande, is in verskeie kosse wat jy reeds eet.Foto: eurekalert.org  ~ 

AS JY die nuutste foody trends volg, sal jy seker al van “resistant starch” oftewel weerstandige stysel gehoor het.

Dié stysel is ’n tipe vesel wat in sekere kosse gevind word wat eenvoudig net nie deur die spysverteringskanaal afgebreek kan word nie.

Die meeste ander stysel word wel afgebreek en omgesit in glukose.

Dié stysel word gekoppel aan ’n gesonder spysverteringskanaal en dis goed vir die goeie bakterieë in dié kanaal.

Hierdie tipe stysel word ook gekoppel aan beter insulien- en bloedsuikervlakke.

En jy eet die stysel al klaar in die vorm van aartappels, bone, piesangs, opgewarmde rys en koring.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters