2 maande gelede
Jou kids verdien regte edu-plan
Help: Vriende kan na mekaar se klôgoed omsien en só heelwat tjieng op baby­sitters bespaar.Foto verskaf  ~ 

’N KENNER het ’n hele paar wenke met ons gedeel oor hoe om te spaar vir jou klôgoed se tersiêre opleiding.

André Wentzel, solutions manager by Sanlam Personal Finance, gee raad: “Die eerste stap is om ’n ballpark figure te hê van hoeveel jy moet spaar om te sorg dat jou kind die beste moontlike onderrig kry. Jy moet ook die regte spaarplan kies om dit moontlik te maak.

“Die tweede stap is om die bedrag in kleiner, meer bereikbare maandelikse spaar-doelwitte te omskep met die hulp van ’n finansiële raadgewer.

Geskenke

“Die derde stap is om ’n plan uit te werk om elke maand ’n bedrag tot die spaarplan by te dra.”

’n Goeie idee is om gaste sommer op jou kitchen tea al te vra om by te dra tot die fonds pleks daarvan om geskenke te koop.

Wentzel sê: “Baie mense sal sê kindersorg in Suid-Afrika is meer bekostigbaar as in ander lande, maar dit kan een van die beste geskenke wees wat jy aan iemand gee.

“Jy kan byvoorbeeld as ’n geskenk ‘babysitting vouch­ers’ gee waar vriende na die kinders omsien terwyl die ouers ’n welverdiende blaaskans kry. Sodoende hoef jy nie geld uit te gee vir ’n babysitter nie. Dan kan jy daai geld bydra tot jou kleintjie se onderrig-fonds.”

Die kenner voeg by ouers moet onthou om hulle bydrae tot die onderrig-fonds te increase as dit moontlik is.

“As jy ’n ekstra R150 vir 18 jaar spaar, maak dit ’n groot verskil.

“Dit sal ’n lekker bedrag ná 18 jaar wees en dit kan goed te pas kom vir handboeke, skoolbehoeftes en allerhande ander koste wat ’n mens nie juis verwag het nie,” sê Wentzel.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters