10 dae gelede
Jonges spaar nie
worry nie: Min millennials sit geld weg vir hulle oudag. foto verskaf  ~ 

DIE millennials worry mos meer oor vakansies in Bali, peperduur klere wat op Instagram afgeshow word en kwaai karre.

Hulle het niks te doen met geld spaar vir hulle oudag nie.

Maar dis áltyd die regte tyd om aan aftrede te dink. Dis nes die dood – iets wat ons nie kan vermy nie. So, ons sal moet regmaak vir ons oudag.

Die webwerf finansies. solidariteit.co.za berig net 6% van Suid-Afrikaners kan tans gerieflik aftree.

Langer lewensverwagting word voorsien en swakker opbrengste op beleggings is in die vooruitsig.

So, die realiteit is dat millennials oor ’n langer periode meer moet spaar as wat hulle ouers gespaar het.

Steven Nathan, die CEO van 10X Investments, sê aan finansies.solidariteit. co.za die noodsaaklikheid van spaar vir aftrede is net so belangrik as ooit tevore.

Nathan sê: “Millennials het ’n reputasie as teensinnige spaarders. Tog is hulle in ’n baie beter posisie om die baie beleggingslaggate te vermy wat hul ouers gepootjie het.”

Luidens ’n opname deur TD Ameritrade laas jaar beplan ’n gemiddelde millennial om eers op 36-jarige ouderdom vir aftrede te begin spaar.

Dis baie later as wat finansiële raadgewers aanbeveel.

’n Kenner by TD Ameritrade sê: “Die naoorlogse generasie – die eerste een wat vir hul eie aftrede moes sorg – was swak ingelig in vergelyking met millennials.

So, millennials, moenie ’n oomblik langer wag nie!

Dis nóú die tyd om beheer oor jou aftreespaargeld te neem.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters