3 dae gelede
Inkluistering is ons almal se voorland
WAS WAS WAS: Hande moet pal skoon bly om die verspreiding van Covid-19 te bekamp.  ~ Gallo Images

MAANDAGAAND het die onvermydelike gebeur.

Pres. Cyril Ramaphosa het ’n landwye lockdown aangekondig om die verspreiding van die corona-virus te bekamp.

Alle nie-noodsaaklike besighede en dienste gaan sluit en mense moet in hulle huise bly.

Dis die eerste keer in die 25-jarige geskiedenis van ons demokrasie dat so ’n drastiese stap geneem is.

Benadruk

Dit sal môreaand om middernag afskop. Die lockdown sal vir nou 21 dae duur tot 16 April.

Ramaphosa het benadruk dat dié ingrypende stap gedoen is om die verspreiding van die virus te bekamp, anders kan die aantal pasiënte binne ’n paar weke styg tot in die honderde duisende.

Ramaphosa sê: “Dié besluit het ’n groot impak op mense se inkomste, gemeenskappe en ekonomie.”

’n Mens moet in jou huis bly en die reëls streng volg.

Wat beteken dit vir ons?

. Jy kan net uitgaan om mediese hulp te gaan soek, kos, medisyne of ander supplies te gaan koop of social grants te gaan kry.

. Vir die dakloses sal shelters wat aan die vereiste higiëniese standaarde voldoen, uitgesonder word.

. Vir diegene wat nie in selfafsondering kan wees nie, sal kwarantyn-sites geïdentifiseer word.

. Die lockdown gaan gepaard met ’n openbare gesondheidsprogram wat screening, toetsing en contact tracing insluit, indien nodig.

. Spanne gesondheidswerkers sal veral in dig bewoonde gebiede screening en toetsing doen.

. Mense wat ernstig siek raak, sal volgens ’n gesentraliseerde pasiëntebestuur-program behandel word sodat hospitale en klinieke nie oorweldig word nie.

. Vir goeie higiëne sal noodwaterdienste in die vorm van tenke, boorgate en opgaartenke in plakkerskampe voorsien word.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters