9 dae gelede
Hou jou vel jonk en soepel
VARS: Gesigmaskers is ’n goedkoop manier om jou vel jonk en soepel te laat voel en lyk. FOTO VERSKAF  ~ 

DAAR is niks beter as ’n gesigmasker om jou vel soepel en jonk te laat lyk nie.

Volgens goedvoel.co.za kan ’n gesigmasker ’n kitsoplossing wees vir velprobleme.

Maak sommer ’n mask van items in jou yskas en kombuiskaste, maar jy moet weet watter tipe vel jy het voordat jy besluit watter mask jy gaan maak.

Wat het jou vel nodig?

Is jou vel olierig, normaal, droog of ’n kombinasie? ’n Olierige vel het ’n masker nodig wat die oormatige olie absorbeer en onsuiwer­hede uit die porieë verwyder. ’n Kleimasker twee keer ’n week kan goed werk hiervoor.

Gebruik twee maskers vir ’n kombinasie-vel – een vir die olierige area en een vir die droë dele. ’n Droë vel benodig ’n baie matige masker.

Sheet-maskers is ideaal. Kosbestanddele soos heuning, avokado, jogurt, komkommer en suur­lemoen bevogtig die vel en kan in verskillende kombinasies in ’n masker gebruik word.

Voeg piesang, jogurt, heuning of borrie by jou masker vir aknee – dit vernietig bakterieë op die vel. Die kurkumien in borrie kan ook help om donker vlekke en plooie te verminder.

Studies wys hawermout is anti-inflammatories en kan toestande soos dermatitis verlig. Dis ook strelend vir ’n jeukerige, sensitiewe vel.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters