10 dae gelede
Hou jou gesond en kry oefening
hou jou warm: Bly aktief in die winter.foto’s verskaf  ~ 

WINTER is nie almal se maat nie en dis nie maklik om gemotiveerd te bly nie.

Jy wil net onder die komberse bly met ’n lekker boek of ’n lekker fliek.

Of dalk is jy op jou selfoon besig.

Dis nie maklik om in die koue weer die dinge te doen wat jy wil nie.

Goed soos om gesond te eet en oefening te kry. En om vroeg op te staan, is bitter moeilik.

Dit is dus raadsaam om jou mind en liggaam in die winter gesond te hou.

Dis veral in die winter moeilik om gesond te eet. Koue weer laat jou lus word vir ongesonde goed soos pies en hot chocolate.

Die maklikste manier om dit te vermy, is om dit nie te koop nie.

Eet eerder warm kos soos sop en groentebredies.

Pleks van hot chocolate, drink tee of eet oats met kakao en heuning.

Probeer eerder gesonder etes kies as ongesonde etes.

As jy koud kry in die winter, bly aan die beweeg.

Eerder dít as dat jy heeltyd onder die komberse lê.

Bly aktief. Kry ’n paar vriende saam en speel games. Speel sokker of tennis of kry ’n springtou.

Jy kan enige van jou gunsteling-games speel waar jy aktief is en rondhardloop.

Almal het ’n gunsteling game waarvan hulle hou.

Kry selfs die ouer lede van jou familie om deel te neem en om ook aktief te bly.

Só kan julle verseker wees die hele familie bly fiks. – choma.co.za

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters