3 maande gelede
Hou hitte binne
veilig: Gebruik die regte soort hout wanneer julle vuur maak.foto’s verskaf  ~ 

HIERDIE winter gaan nog sommer baie koud raak en dit is jou topprioriteit om jou en jou gesin warm te hou.

Ons het ’n paar wenke by litnet.co.za gaan soek om seker te maak jy is fisiek en finansieel gereed vir die koue maande wat voorlê.

  • Hou gordyne en blindings oop gedurende die dag om die natuur­like sonlig en hitte in te laat. Maak dit saans toe om die hitte binne te hou.
  • Vermy dit om jou hele woning te verhit – verhit eerder net die vertrekke wat jy gereeld gebruik.
  • Maak ook, indien moontlik, die deure na vertrekke wat jy nie gereeld gebruik nie toe om meer hitte te behou in dié vertrekke wat jy wel gereeld gebruik.
  • Maak alle vensters en buitedeure dig toe en maak seker dat hulle deeglik seël.
  • Isoleer die dak met nie-toksiese, hernubare of herbruikbare materiale om maksimum hitte te behou.
  • Dink daaraan om gasverwarmers te gebruik – dié maak ’n vertrek vinnig warm en hou langer. Maak net dubbel seker dat die vertrek goed geventileer is.
  • ’n Houtvuur-kaggel sal die area direk voor dit verwarm, maar hout is duur, brand vinnig en kan ook gevaarlik wees vir klein kindertjies. As jy wel hout in jou kaggel gebruik, gebruik omgewingsvriendelike, volhoubare hout-soorte. Wees versigtig vir kunsmatige blokke hout, of produkte met ’n petroleumbasis, wat dalk ’n negatiewe impak op jou gesin se gesondheid kan hê.
  • ’n Elektriese kombers maak dit baie meer aangenaam om in die winter in die bed te klim. Skakel dit so ’n uur of twee voor slapenstyd aan en dan weer af wanneer jy inkruip. Moet liefs nie elektriese komberse vir kinders gebruik nie.
  • Natuurlike materiale soos klip, hout, dekstrooi en klei is bes geskik daarvoor om ’n huis koel te hou in die somer en warm te hou in die winter – neem dit in ag wanneer jy ’n huis bou, opgradeer of uitbrei.
  • Vloere wat van steen of beton gemaak is, help om gemaklike temperature in jou huis te handhaaf omdat hulle hitte deur die dag absorbeer en dit weer geleidelik gedurende die nag vrystel. Dié vloere behoort nie met matte bedek te word nie.
  • Belê in lekker dik komberse en trek gepaste klere vir die koue weer aan.
  • Kole, hout en paraffien is maklik bekombaar en kan gebruik word vir kosmaak en die verskaffing van hitte. Ten spyte van die feit dat dit hulle baie aanloklike opsies maak, is daar heelwat gesondheids- en veiligheidsrisiko’s daaraan verbonde.
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters