6 maande gelede
Hou handsak micro
KENNER: Die fashionista Liezel Germanotta­ deel haar gunsteling-somerwenke met ons.  ~ Foto Verskaf

DAMES, die somer is hier en dis net reg dat ons van die hotste somerwenke deel.

Ons het dié week saam met die fashionista en naturalista Liezel Germanotta gesels en sy het haar top-10 somerwenke saam gedeel.

Hierdie stylist is after all die creator van die style series #dontli­mityourclothes.

Hier is die 10 dinge waarsonder dié fashionista – en jy! – nie dié somer kan klaarkom nie.

  • Wit rok

Dit kan van katoen of linne wees. Die wit rok is ’n klassieke item wat jy kan opdress, sowel as down dress. Ek is tans mal oor die baby-doll-rok trend.

  • Bypassende pakkies

Hierdie is beslis ’n moet! Jy moet hulle in elke kleur en print kry. Hulle is perfek vir daai somerdae en -aande.

  • Strappy vests

Hulle is nóg ’n noodsaaklikheid in jou kas. Hulle is redelik maklik om te style en kom in verskillende kleure.

  • Swemklere

Ek stel voor dat jy een vol kostuum kry en twee tweestukke wat jy kan mix en match om verskillende interessante looks te skep.

  • Sonbril

Ja, jy het eintlik net een sonbril nodig wat saam met elke outfit gaan – jou “go-with-anything sunglasses”.

  • Gemaklike skoene

Sê hierdie somer ja vir die verskillende espadrille styles – maak nie saak of dit ’n sandaal, wedge of platform is nie.

  • Micro bags

Hoe kleiner jou handsak, hoe beter. Al wat jy in jou micro bag moet sit, is jou bankkaart en ’n cute lip gloss of lipstick. Jy gaan mos jou hande nodig hê vir cocktails en selfies.

KLEIN: Micro-handsakke is die in ding.
  • Sonskerm

’n Goeie SPF50 is noodsaaklik in die erge somerhitte. En hier is sommer ’n baie lekker en nuttige tip: Sonskerm gee jou bene ’n asem­rowende shine en jy kan dit die hele somer afshow.

  • Versorg jou hare

As jy soos ek jou natuurlike hare dra of jou beachy waves wil rock, is Aunt Jackie’s Grape­seed anti-poof twist & curl setting mousse net die produk wat jy benodig vir vars krulle en waves dié somer.

  • Grimering

Die nuwe, bekostigbare Scarlet Hill makeup-reeks van MRP gaan verseker jy skitter dié somer met sy wye verskeidenheid eyeshadows, body bronzers en lipsticks.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters