15 dae gelede
Hou griep weg dié winter
Gooi weg: Moenie ’n tiesjoe meer as een keer gebruik nie.foto verskaf  ~ 

IN DIE winterkoue wil jy mos nie nog met ’n lastige verkoue of griep sit nie, nè?

Die webwerf welstand.solidariteit.co.za gee ’n paar wenke oor hoe om griep te voorkom en jou immuniteit op te bou.

  • Was jou hande gereeld en gebruik ’n handreiniger met ontsmetmiddel.
  • Vermy dit om aan voorwerpe soos roltrap­reëlings in openbare plekke te vat.
  • Keer met tiesjoes as jy nies en hoes. Gebruik elkeen net een keer en was jou hande agterna.
  • Oefen gereeld om jou immuniteit op te bou en siektes soos vetsug en diabetes te voorkom.
  • Vitamiene kan in die vorm van aanvullings geneem word. Vitamiene A en C bied beskerming teen siektes.
  • Daar is heelwat multivitamienaanvullings op die mark beskikbaar. Neem jou aanvulling saam met ontbyt.
  • Luister na jou liggaam as jy moeg voel. ’n Behoorlike nagrus van ag ure kan jou immuniteitstelsel ’n stewige hupstoot gee.
  • Sorg dat jou liggaam in die winter goed gehidreer bly. Maak seker jy drink genoeg water, sap en rooibostee in die winter, maar pasop vir kafeïenryke drankies wat dehidrasie kan aanhelp.
  • Kry ’n griepinspuiting. Volgens kenners bly entstof die beste manier waarop ’n mens griep kan voorkom. Laat dit doen sodra dit beskikbaar is.
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters