Verlede maand
Hou boek van elke sent wat jy daagliks spandeer
sit weg: Dit is baie belangrik om ’n noodfonds te hê.Foto: istockphoto  ~ 

ROUSSOS deel vyf wenke oor hoe om te spaar.

1. Hou rekening met elke sent wat jy deur die maand uitgee. Dit sluit in daai koppie koffie wat jy by die garage koop, asook jou pay day treats soos ’n wegneemete. Jy sal verbaas wees wat jy eintlik koop en waarsonder jy kan klaarkom.

Kontant

2. Verminder jou skuld. Om dit te kan doen, moet jy weet presies hoeveel jy jou krediteure skuld.

Probeer om elke maand ’n bietjie meer te betaal as wat jy veronderstel is om te betaal sodat jy jou skuld gouer kan afbetaal. Prioritiseer jou groot skuld sodat dit so gou moontlik afbetaal kan word.

3. Gebruik kontant meer as krediet. Kontant is tasbaar en jy kom onmiddellik agter as jy dit spandeer.

Die kanse is groot dat jy verstandiger sal werk met kontant eerder as om met ’n kredietkaart te werk.

4. Werk uit wat jou nie-noodsaaklike en noodsaaklike uitgawes is. Dit sal jou flexible en vaste uitgawes wees. Moet nooit geld van jou vaste uitgawes soos jou huur en bond neem om ’n nie-noodsaaklike item soos ’n televisie te koop nie.

5. Maak seker jy gaan winkel toe met ’n inkopielys en hou streng daarby. Kospryse het die hoogte ingeskiet tydens die lockdown. Baie items word nou beskou as luxuries. Koop net wat jy nodig het. Offer al daai luukshede op en dan sal jy sien hoeveel geld jy bespaar.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters