5 maande gelede
Hairstyle is eintlik ’n statement
Nou, sy is met ’n gesonde bos hare geseën.  ~ Leon Bonthuys

AS JY met lang krullerige hare gebore is, is jy geseën met ’n kroon van ware luxury, een wat jy met trots behoort te dra.

As jy jou hare los dra, is die treffendste style In die meeste gevalle ’n multi-layer­ed cut of ’n graded cut.

Watter soort haarstyl jy ook al vir jou los krullebolle verkies, sal seker afhang daarvan of dit manageable is en nie te veel tyd in beslag neem om te style nie.

Gelukkig maak ’n los woeste bos krulhare gewoonlik ’n geweldige impak op die oog. Dit laat jou gesond en sportief lyk.

Geskenk

Wanneer jy jou hare egter konserwatiewer wil dra, sê maar vir een of ander funksie, is die enigste opsies dalk om dit net te bind met ’n strik of te bedek met enige head dress.

Natuurlik nie omdat jy skaam is vir die geskenk waarmee Moeder Natuur jou geseën het nie, maar net om ’n bietjie minder uitspattig te lyk.

Die voordeel van ’n dik, gesonde bos krulhare is dat jy soveel style daarmee kan probeer. Vervelig sal niemand jou kan noem nie.

So, girl, show gerus af met daai boskasie. confetissimo.com

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters