18 dae gelede
Haal verlore slaap só in as jy ’n baba het
Slapies: Babas is aktiewe slapers, wat beteken hulle maak baie geluide in die nag.  ~ 

DIE webtuiste jougesin.­solidariteit.co.za gee die volgende wenke oor hoe om genoeg slaap in te kry met ’n baba in die huis.

  • Haal slaap in.

Dis moontlik om slaap in te haal nadat jy baie lank nie ordentlik geslaap het nie. Wanneer jy uiteindelik weer slaap kry, gaan jy in REM-slaap en diep slaap in.

  • Neem vinnige slapies.

Probeer dalk oor die naweek gou twee of drie ure slaap. Selfs ’n vinnige slapie van 20 tot 30 minute kan wonders doen. Probeer om slaap vroegoggend in te haal sodat jy nie in die middag slaap en dan in die aand weer sukkel om te slaap nie.

  • Maak beurte.

Ouers kan beurte maak om vir baba op te staan. Wissel eerder aande af. Só kry julle albei meer ononderbroke slaap as wanneer julle deur dieselfde nag beurte maak om op te staan.

  • Sit die monitor af.

Babas is aktiewe slapers. Hulle maak snags baie geluide. Dit beteken nie jy moet elke keer opspring nie.

  • Moenie baba in julle bed laat slaap nie. Dis in orde om jou baba vlugtig op jou bed te hê vir voeding of vertroosting, maar sit baba terug in die kot of sy of haar kamer wanneer jy gereed is om weer te gaan slaap.
  • Slaap wanneer baba slaap.

Dis die tye wanneer jy minstens drie tot vier ure aanmekaar kan slaap.

  • Kry hulp.

Daar is mense rondom julle wat nie sal omgee om te help nie. Maak dus van die hulp gebruik sodat julle genoeg slaap kan kry.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters