15 dae gelede
Golden dish: Een van Kaap se favourites
die een: Golden Dish se bekende full house masala steak gatsby is gewild, veral onder jong mense.  ~ 

IN ATHLONE kry jy een van die Kaap se favourite kosplekke.

Golden Dish bestaan al sedert die laat 1960’s. En as jy sy full house masala steak gatsby sien, verstaan jy hoekom veral jong mense daarheen flock.

Dié massiewe gatsby is vol kaas, eier, slaai, tjips, steak en sous.

Ghebba

Dis van vroegoggend tot laataand beskikbaar by dié bekende landmerk op die hoek van Hazel- en Klipfonteinweg.

Vra maar die Springbok-kaptein, Siya Kolisi: Hy het ook ’n lock op die ghebba gehad.

Die bestuurder van Golden Dish, Rafiq Parker, sê hulle maak die soort kos wat customers laat terugkom.

Parker sê sy gatsbys is in ’n poll deur Jive aangewys as die beste in die Kaap.

“Ons maak kos met passie. Ons drie standaarde, soos die hoeke van ’n samoosa, is smaak, waarde en gehalte,” raak Parker liries.

Wanneer jy by Golden Dish instap, is die plek altyd bedrywig, maak nie saak hoe laat nie,.

Parker sê dinge tel veral op wanneer die jong mense van clubs af kom.

Hy sê: “Voordat hulle huis toe gaan, pop hulle hier in. Dis al ’n instelling.

“Ons customers is meer as net customers: Hulle is ’n bless­ing vir ons.”

rateSon hulle

Bereidingstyd: 3,8

Smaak: 4,1

Diens: 4

Gemiddeld: 3,9

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters