2 maande gelede
Gegear vir leer en selfs presteer
terug HOK toe: Jy kan jou kind skool help baasraak. foto’s verskaf  ~ 

MAMMIES en derras, dis tyd om die klôgoed terug te stuur skool toe.

Moenie verbaas wees as klein Johnny skielik moody is of uit die bloute “maagpyn” het nie. Dié tekens is normaal voor so ’n nuwe uitdaging, sê anxietycanada.com.

Gelukkig kan ’n mens iets doen aan knaende senuwees. Ons het op die sites kidshealth.org en goeiehuishouding.­co.za tips gekry oor hoe jy jou kind kan support. Sê vir hulle:

Doen net jou bes.

Moenie dat jou kind te veel worry as hulle nie die eerste span haal of die punte kry wat hulle wil hê nie. Almal verskil. Jou kind blink dalk op ’n ander gebied uit.

Wat jy insit, sal meestal bepaal wat jy uitkry.

Moedig jou kind aan om in die klas te luister. Laat hulle ’n lys maak van wat hulle moet doen en die taak afmerk wanneer hulle klaar is. Hulle moet verantwoordelikheid vat vir hulle skoolwerk.

Maak vriende wat goed is vir jou.

Leer jou kind: Al voel dit nou belangriker om gewild eerder as gelukkig te wees, moet hulle aanbeweeg as hulle vriende hulle sleg laat voel. Hulle moet ook weet skoolwerk is belangriker as daai cool kêrel of meisie.

Kry iemand wat jou kan help as jy met iets sukkel.

Ongelukkig het ouers nie altyd die tyd of kennis om hulle kind met huiswerk te help nie. Hoor by ’n ouer kind in die buurt of dié kan help of vra of die skool ekstra klasse aanbied. Om te praat oor ’n probleem en ’n oplossing daarvoor te kry, is een van die belangrikste goed wat ’n ouer kan doen om hulle kind vorentoe te help gaan, sê all4women.co.za.

Fight jou eie fights.

Kinders vaar wel beter as ouers betrokke is by hulle lewe, maar moenie oorvat nie. Jy moet weet wanneer iets fout is, maar hulle verhoudings bly hulle plig. Maak wel ’n draai by oueraande.

Sorg dat jy die regte goed het vir skool.

Kinders moet leer om georganiseerd te wees. Laat hulle elke vak se notas in daai vak se lêer hou. Dit sal keer dat hulle teen toetstyd soos afkophoenders rondhol om al die leerwerk op te spoor.

Maak ’n lys van wat jy in die jaar wil regkry.

Jou kind hoef nie al wat ’n eerste span is te haal nie. Tog is dit belangrik dat hulle ’n doelwit het. Dit hoef nie iets huge te wees nie. Hulle kan byvoorbeeld commit om een boek per maand te lees of net ’n nuwe maatjie maak.

Neem deel.

Skool gaan oor meer as akademie. Kyk waarvan jou kind hou – byvoorbeeld skaak of swem – en laat hulle dit ná skool doen, indien moontlik. So sal hulle vriende maak met kinders wat van dieselfde goed hou as hulle.

Einde ten laaste is die belangrikste seker net dat jy dáár is vir jou kind – heelpad.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters