2 maande gelede
Fisherman's Pride: 'n Vis fix vars uit die see
Foto:  ~ 

Af in die pad, reg oorkant die Athlone stadion, sal jy die lekkerste vis kry.

Vars, crispy en warm, met ’n secret touch.

Fishermans Pride, bestaan vir meer as 22 jaar.

Bekend vir sy secret Roykers sous en spice, vertel Kamaal Royker dat mense van so ver as Durbanville na sy winkel toe kom.

Royker herinner oor sy eerste dag: “Ek onthou dit was ’n Donderdag dit was bitter koud en het gereën, maar dit het nie die mense gestop om tou buite te staan nie.”

Die tradisie kan nog gesien word, want volgens Royker, gerbuik hy varse vis elke dag.

“Ons glo nie in gevriesde vis nie. Ons wil altyd kwaliteit dienste en kos lewer.

“Mense kom skoons met hul bakkies om Johburg toe te vat, want daar het hulle mos nie water nie.” grap hy.

Royker, saam met sy vrou Soraya sê customers is al soos familie in hul winkel.

“As die kos nie goed vir ons is nie, is dit nie goed vir ons customers nie.”

Hier is die Tinanic burger ook ’n gunstelling.

Só rate Son hulle

Bereidingstyd: 4,9

Smaak: 5

Diens: 5

Overall: 4,9

Dis ’n massa burger wat uit polony, vienna, kaas, chips, slaai en die gunsteling Roykers sous.

“Dis ’n groot hit.” sê Royker.

So as jy graag ’n stuk vis wat vars uit die see kom wil geniet loer gerus by die winkel in.


Val weg:Son sien (en proe!) alles.Foto’s: Tracy-Lynn Ruiters
nice: District 6 Cafe is in Kuila.
Foto:
kaapse kos, dite
#KaapseKos

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters