Verlede maand
Dwelms: Talle faktore dra by
wees wakker: ’n Leerder of kind moet nooit weet wanneer toetsing gaan plaasvind nie.Foto: istockphoto  ~ 

HOE stel jy as ouer vas of jou kind dwelms gebruik of nie?

Die webwerf jougesin. solidariteit.co.za gee die volgende riglyne wat jy kan volg:

Dwelmtoetse

Die wetlike aspekte wat betrokke is wanneer ’n tiener getoets word, moet baie duidelik aan alle tieners en hulle ouers gekommunikeer word.

As die regte prosedure nie gevolg is nie, kan ’n tiener skotvry daarvan afkom, al is hy of sy positief getoets.

Let ook daarop dat daar verskeie dwelms (byvoorbeeld sintetiese dagga of die sogenaamde herbal blend) is wat nie deur ’n standaard-urientoets uitgewys sal word nie.

Tieners kan ook middels gebruik om ’n toets negatief te laat vertoon (byvoorbeeld met die gebruik van oormatige hoeveelhede asyn). ’n Leerder/kind moet dus nooit weet wanneer daar toetsing gaan plaasvind nie.

Assessering

Assessering behels baie meer as om net te bepaal of ’n tiener positief getoets word of nie. Volledige inligting moet verkry word rakende die kind se:

– gesinsomstandighede;

– mediese/sielkundige/psigiatriese agtergrond;

– moontlike traumatiese ervarings;

– algemene lewenstyl (sosiaal/sport/godsdiens);

– akademiese vordering;

– vorige behandelings vir afhanklikheid; en

– wetlike aspekte (oortredings begaan).

’n Volledige assessering kan dikwels daartoe lei dat die kind vir rehabilitasie moet gaan.

Opsies vir die treatment van tieners is:

    Buitepasiënt-program

Dit word sterk aanbeveel. Dalk was die tiener maar net op die verkeerde tyd op die verkeerde plek.

    Binnepasiënt-program

Dis gewoonlik vir tieners wat al telkens dwelms gebruik het en nie by buitepasiënt-programme baat gevind het nie.

    Gemeenskap Verslawing is ’n saak wat die gemeenskap raak. Die omgewing kan ’n deurslaggewende rol speel in die genesing van die tiener.

Daar is nie ’n kits­resep vir rehabilitering nie. Dis ’n lewenslange leefstylverandering, waarin uitdagings van die lewe anders gehanteer word as deur die gebruik van dwelms.

Bly hoop – genesing is moontlik.

Ongelukkig is nie alle ouerhuise ’n standvastige en veilige hawe nie. Die maatskaplike werker, as lid van ’n multiprofessionele span, het ’n unieke en uitdagende geleentheid!

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters