4 maande gelede
Draai sente om
Belegging: Ouers is verantwoordelik daarvoor om hulle kinders van kleins af goeie gewoontes te leer, soos om geld te spaar.Foto: gobankingrates.com  ~ 

DIS deesdae maar moeilik om ’n geldjie weg te sit.

Dit kos altyd ’n mate van selfdissipline om minder geld uit te gee.

Dit beteken ’n mens moet onnodige uitgawes sny en onderskei tussen wat jy móét koop en wat jy wíl koop.

Maar hoe spaar ’n mens deesdae? Die webwerf finansies.solidariteit.co.za bied ’n paar goeie wenke.

) Oor impulsiewe kopies

Beplán wat jy gaan koop. Só sê die finansiële kenners Jaco Fouché en Jaco Barnard in hulle boek Living Financially Carefree.

Vermy eerstens spesifieke winkels en malls wanneer jy weet jy kan sekere goed nie bekostig nie.

As jy eers in die winkel is, kan die versoeking jou oorweldig om iets te koop wat jy nie kan bekostig nie.

) Vermaak

Daar is uitgawes wat jy móét aangaan, soos om vir ’n woonplek, kos en vervoer te betaal.

Vermaak is egter ’n luxury. Jy hoef nie te bestee aan sport, shows, restaurante, flieks, ensomeer nie.

Als is deesdae baie duur, maar wat is die lewe sonder ’n bietjie pret en plesier?

Jy sal maar vindingryk moet wees om rande hier en daar te spaar.

Bly tuis en kook eerder of maak snacks vir die gesin of vriende en kyk flieks op TV of hou ’n games night.

Nie net spaar jy ’n klomp geld nie, maar deur te socialise word bande hegter tussen jou en jou gesinslede en vriende.

En as jy rêrig cabin fever kry en voel jy móét uit die huis kom, moet jy eers uitkyk vir bargains.

Flieks, byvoorbeeld, is gewoonlik goedkoper op sekere dae. Baie restaurante bied ook specials­ op sekere dae.

Moenie ’n boek koop as jy by ’n biblioteek kan aansluit waar jy dit kan uitneem nie. En as jy die boek graag wil besit, oorweeg ’n tweedehandse een.

En wanneer laas was jy in die veld, op die strand of in ’n park?

) Shopping

Die geldkenner Jenny Keefe­ sê ’n mens moet nooit inkopies doen wanneer jy honger is nie.

En, sê Keefe, los die kinders tuis, want hulle wil altyd die onnodigste goed hê.

Stel ’n shopping list op en hou daarby. Koop items wat baie gebruik word in groot maat – en kyk soos altyd uit vir bargains.

) Algemeen

Beperk jou selfoongebruik en kanselleer goed waarvoor jy ingeskryf het, maar nooit benut nie, soos gym.

As jy elke maand of week ’n tydskrif of koerant koop, kan jy mos maar eerder daarvoor inskryf, want dit werk goedkoper uit.

Hou by no name-items. Koop brand-items net wanneer hulle op special is. En moenie skaam wees om afslag te vra nie.

Bak jou eie brood en kweek jou eie groente.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters