Verlede maand
Doen krag-oudit om budget te rek
KRY DIT: Solar panels is ’n bietjie duur, maar dis ’n langtermyn-belegging.FOTO’S VERSKAF  ~ 

VERBRUIKERS se sak gaan geruk word nadat die Nasionale Energie-reguleerder aangekondig het Mzansi gaan oor die volgende drie jaar ’n elektrisiteitsverhoging van sowat 50% kry.

Susan Steward van Budget Insurance sê dié jaar gaan verbruikers ’n verhoging van byna 10% in elektrisiteit sien.

Dreig

“Baie Suid-Afrikaners gaan hulle kop krap en aan maniere dink hoe om hulle begrotings selfs verder te rek,” meen Steward.

“Saam met hierdie en die ander lewenskoste wat dreig om te styg, moet jy ’n krag-oudit by jou huis doen om te kyk waar en hoe jy op elektrisiteit kan bespaar.”

  • As jy nog nie energy-saving ligte het nie, is nou die tyd om dit aan te koop. Ja, dit is ’n bietjie duurder as die tradisionele ligte, maar op die lange duur sal jy minder geld uitgee, want energy-saving lights hou langer.
  • Dit is wys om smart plugs aan te skaf. Dit is ’n effektiewe manier om jou energieverbruik te maintain en jou huishouding energy efficient te maak.

Hierdie plugs kan gestel word om jou huishoudelike toestelle, soos TV’s, heeltemal af te skakel pleks van op stand-by mode, wat steeds krag vat. Smart plugs het ook ’n app wat jou toelaat om die skedules van jou toestelle te beheer.

  • Dis tyd om daai ou, groot huishoudelike toestelle weg te gooi, veral daai groot yskaste wat so baie krag gebruik. Die nuwe yskaste is baie meer krag­besparend. Toestelle word gegradeer van A tot G volgens hulle efficiency waar A die effektiefste en G minder effektief is.
  • Dit is ook belangrik dat jy langtermyn-beplanning doen. Daar is altyd maniere om ’n huis se elektrisiteitsverbruik te verminder.

Dit moet gesien word as deel van ’n langtermyn-belegging wat jou in die toekoms baie geld kan spaar. Dit sluit dinge soos solar panels, moderne gasstowe, en so meer, in.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters