8 dae gelede
Doen dinge saam vir hegter gesin
gelukkig: Dis belangrik dat gesinne saam aktiwiteite aanpak om hegte bande te smee. Foto: shutterstock  ~ 

SOOS met alles in die lewe is dit belangrik om balans te hê wat gesinslewe betref.

Dis nie altyd maklik om jou werk- en huislewe gebalanseerd te hou nie.

As jy dit wel kan doen, sal jou verhouding met jou geliefdes ook beter wees.

Jou werk is belangrik, maar jou gesin ook.

As jy genoeg ure saam met jou gesin kan deurbring, sal hulle ook gelukkiger wees.

Ouers is geneig om seker te maak die res van die gesin is okay, maar hulle vergeet om na hulleself om te sien.

As jy nie jouself ook soms eerste plaas en spoil nie, kan jy resentful word. Dan kan jy selfs jou kinders of vrou afskeep.

Kalm

Onthou ook, as jou kinders stout is, is daar verskillende maniere om dissipline toe te pas.

Jy kan jou kinders leer sonder om hulle seer te maak of dat hulle kwaad is vir jou.

Dalk is jy kwaad, maar bly kalm en leer jou kinders dat hulle die situasie anders kon hanteer.

Ouers stel gewoonlik grense daar om hulle kinders te beskerm.

As jy dalk jou kinders weghou van ’n vuur, verduidelik waarom jy dit doen.

Sodra ’n mens aan jou kinders iets verduidelik, sal hulle verstaan waarom jy so optree. En dan is daar natuurlik kommunikasie – in goeie en slegte tye.

Vir kinders is dit soms moeilik om te sê hoe hulle voel. Dat jy daar is om te luister, kan dalk net genoeg vir hulle wees.

Praat ook oor jouself. Nie net oor probleme nie, maar oor dinge wat daagliks in jou lewe gebeur.

Hulle sal dan voel hulle word ingesluit in die gesprek en sal saampraat.

Dis belangrik om kwaliteittyd met jou kinders deur te bring.

Probeer saam eet as ’n gesin, want dit bied aan almal kans om oor belang­rike sake te praat.

Jy kan hulle gerus inspan in en om die huis om te help met take.

Hulle gaan dalk moan, maar hulle sal tog voel hulle is deel van die huisgesin. – familylives.org.uk

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters