3 maande gelede
Dissiplineer jou kind reg
Lewensbelangrik: Dissipline is noodsaaklik in die grootmaak van jou kind.  ~ Proflowers.com

KYK, die ongelukkige feit in die land is dat dit propvol missing derras is. Oral sit enkelma’s met die kinders opgeskeep.

Nie net is so baie vroue die enigste broodwinner vir dié kinders nie, enkelouers moet ook deal met alle aspekte van die kind se opvoeding.

Dit sluit die dissiplinering van die kind in. En dissipline is uiters belangrik in die grootmaak van jou kind.

Hier praat ons nou nie van jou kind dik moer met die hand of pantoffel nie.

Dit gaan eerder oor die reëls en boundaries. Dit skep ’n safety zone en veiligheidsnet vir jou kind.

Sonder daai safety zone­ kan ’n kind emosioneel en geestelik begin verdwaal of val.

En later, veral as tiener, kan dit groot moeilikheid veroorsaak met veral probleme met gedrag.

Bly ook konsekwent met die reëls wat jy vir jou en jou kind stel.

As jou “nee” later ’n “ja” word net omdat jou vierjarige ’n vloermoer in die middel van Checkers gooi wanneer jy nie vir haar ’n sweetie wil koop nie, gee jy mixed signals vir die kind. Dit verwar net die kind. Of erger, die kind leer hoe om jou te manipuleer.

En dan begin ’n lelike omwenteling waarin die kind ongelukkig die kitaar slaan en nie jy as ouer nie.

Dit kan soms moeilik wees om daai dissipline en daai rules en boundaries te behou, want kinders is van nature die mees selfish wesentjies op aarde en wil net hulle eie sin hê.

Maar deur in te gee, pluk jy nie net ’n lat vir jou eie gat nie, maar ook vir die kind vir wie jy lief is.

Trust my, sy sal jou later bedank wanneer sy mooi groot is en haar eie kind het.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters