9 dae gelede
Dís wat ’n berader vir jou kan doen
kry hulp: Om jou te bestuur, is nie ’n maklike taak nie.  ~ 

DIE webwerf finansies.solidariteit.co.za berig dat die take van skuldberaders die volgende insluit:

  • Hulle breek skuld op in bekostigbare paaiemente om kliënte die nodige kontantvloei te gee.
  • Hulle hanteer en onderhandel met kredietverskaffers om hulle van die kliënt se rug af te hou.
  • Hulle stel ’n billike betaalplan in werking.
  • Hulle sorg dat kliënte van kredietburo’s se registers verwyder word.
  • Hulle help kliënte om voorsiening te maak vir belangrike uit­gawes.

Bestuur

Die Nasionale Krediet­reguleerder (NKR) bepaal hoe en hoeveel skuldberaders betaal word. Hulle kan nie net vra wat hulle wil nie.

Kyk, om jou skuld te bestuur is nie die maklikste of vinnigste proses nie.

Dit kan maar ’n meulsteen om jou nek bly. Maar met die hulp van ’n skuldberader kan kliënte asemhaal omdat ’n goedgekeurde skuldhersieningsprogram namens hulle in werking gestel word.

Op dié manier kan jy seker wees jou skuld word darem elke maand minder – nie meer nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters