4 maande gelede
Dis tyd vir ’n change in 2020
LOW MAINTENANCNE: Kort hare is makliker om te hanteer.  ~ Leon Bonthuys

OF JY nou ’n besige ma is, altyd op die pad is of net soek na die nuutste haarstyl, kyk hier.

Baie vroue hou van die idee van ’n nuwe haarstyl, maar hulle is bang vir verandering.

Die geheim is om ’n bewese gunsteling-snit te kies. Soos Rockin’ the Chop, Faux Hawk, Perfect Pixie of Soet en Gesofistikeerd. Kort haarstyle is in vir 2020, maar hoe kies jy?

Hou die volgende drie faktore in gedagte – jou gesigvorm, jou haartipe/tekstuur en die features wat jy wil laat uitstaan (of wegsteek, sjjjt!).

Rockin the Chop

Dis edgy en uitdagend dié! Die skeermesgesnyde kante en hoeke is vir diegene wat bereid is om ’n fashion statement te maak.

Die opspraakwekkende Faux Hawk

Dié styl skree punk, rebel en ’n sorgvrye houding. Om hierdie voorkoms te kry, moet die sykante van jou kop amper kaalgeskeer word. Die langer hare kan in lae gesny word. Speel lekker met kleur.

Perfect Pixie

Hierdie styl is netjies en skattig. Die voorkoms is eenvoudig, maar elegant. Dit pas by alle tipes gesigte, maar maak seker hou ’n kuif as raam as jou gesig rond of vierkantig is.

Soet en Gesofistikeerd

Die naam sê dit alles. Om dié voorkoms te kry, moet die lengte van jou kuif naby die ken wees. Die geheim hier is om jou slierte in los, sagte krulle te draai en terug te kam.

Korthaar-idees

Kort haarstyle is die neiging vir 2020. ’n Kort haarstyl kan jou jonger laat lyk en vars laat voel.

Dit verminder ook sommer daai salon budget.

Met ’n kort haarstyl kan jy speel met krullerige style, lae, jou kuif, ’n bob en geskeerde hare. Lekker baie opsies!

’n Goeie kort kapsel moet die regte proporsies hê en die basiese elemente van balans, lyn en beweging oorweeg. Die snit moet goed lyk selfs vóór stilering.

Aan die ander kant, jou kapsel moet ooreenstem met jou karakter. Kies dus ’n haarstyl wat jou gemaklik en selfversekerd laat voel.

Net oor jou gunsteling celebrity ’n gewaagde haarstyl rock, beteken nie dit sal noodwendig by jou ook pas nie! – mymatzikama.com

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters