Verlede maand
‘Dis nóú die tyd vir spaar’
spaar geld
Tyd om te spaar  ~ verskaf

VANJAAR is soos ’n les oor die belangrikheid van spaar.

Vir baie Suid-Afrikaners wat deur Covid-19 geraak is, voel dit onmoontlik om geld te spaar of te belê.

Geld was klaar voor die lockdown skaars, so, waar gaan jy nóú geld uitkrap om te spaar?

George Roussos, CEO van African Bank, sê die realiteit is dat mense met ’n noodfonds tans in ’n baie beter posisie is as die res.

Hy sê die lockdown het goeie spaar- en beleggingsgewoontes beklemtoon.

Roussos meen nóú is die tyd vir verbruikers om hul maandelikse uitgawes te hersien en daaraan te dink om te spaar.

Hy sê dis belangrik om vooruit te beplan en finansieel gereed te wees vir moeilike ekonomiese tye soos dié.

Roussos sê ’n mens moet begin deur jou maandelikse begroting aan te pas en savings en beleggings daarby in te sluit.

Hy sê ons moet reik na ons spaardoelwitte.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters