7 dae gelede
Dié wenke help met oefenroetine
VOL LEWE: Jy kan jou gym-sessie vervang met ’n draf- of stapsessie.Foto: CAPITALFM.CO.KE  ~ 

DIT is moeilik om by jou eetplan te hou en dit is selfs moeiliker om by jou oefenprogram te hou.

Maar hier is ’n paar wenke van goeiehuishouding.co.za om seker te maak jy bly by jou oefenroetine.

) Wees realisties

Dis belangrik om te besef jy sal nie vinnig resultate kry nie. Mense verloor vinnig moed as hulle nie binne die eerste paar weke ’n verandering sien nie.

Begin klein en maak seker jou doelwitte is bereikbaar. Dit sal jou help om nie moed te verloor nie en by jou roetine te hou.

) Moenie van stryk gebring word wanneer jou roetine verander nie

Het jou werk na ’n nuwe kantoorgebou geskuif wat maak dat jy nie gym toe kan gaan nie? Het jy ’n vol week met deadlines? Jy moet jou roetine aanpas by die veranderings in jou lewe.

Jy moet weet dit is oukei om jou sessie by die gym te vervang met iets soos ’n stap- of swemsessie.

) Kyk die kat eers mooi uit die boom

Moenie oorhaastig wees en ’n jaarlikse kontrak by ’n larney gym uitneem nie.

Daar is ’n hele paar park gyms waar jy ’n sessie kan inwerk.

Ondersoek eers ál jou opsies totdat jy ’n vorm van oefening gevind het wat jy geniet.

) Moet dit nie net vir gewigsverlies doen nie

Jy set net jouself op vir failure as jy oefening bloot as ’n oplossing vir gewigsverlies beskou. Die kanse is groot dat jy baie gou moed gaan verloor as die skaal nie vinnig wys wat jy wil sien nie.

Om te oefen, is voordelig vir jou gesondheid. Onthou dit maar altyd. As jy sukkel om gefokus te bly, dink net aan al die langter myn-gesondheidsvoordele.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters