2 maande gelede
Die see is niemand se speelmaat
ONSTUIMIG: Verlede week het die see by Seepunt vier jong lewens gevat.  ~ Leon Knipe

ASOF die gevare op die paaie nie erg genoeg is nie, is daar oral om ’n mens ’n potensiële gevaar vir jou gesin.

Gesinne wat gaan uitspan op die land se strande, moet hulle kinders onophoudelik dophou. Die spreekwoord dat die see geen mens se speelmaat is nie, is absoluut die waarheid.

Aandui

Seestrome en golwe wat wild slaan, kan ’n mens maklik die see intrek, tot daar waar dit onmoontlik is om uit die water te kom.

Die belangrikste reël geld: Swem te alle tye binne die gebiede wat die menseredders op die strande aandui.

Ouers moet ook die hele tyd dophou of die bakens verskuif word en reageer op enige boodskappe wat die menseredders afkondig.

Jong kinders kan nie sonder toesig in die see swem nie.

’n Ouer of voog moet hulle die hele tyd vergesel.

’n Heerlike vakansie kan so maklik in ’n tragedie ontaard – en dit gebeur nog voordat jy jou oë kan uitvee.

Net verlede week het vier jong tieners by Seepunt verdrink.

Dit het in ’n oogwink gebeur. Hulle het verdrink voordat reddingswerkers op die toneel was.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters