3 maande gelede
Die bittersoet van koffie
doepa: Ja, koffie is ’n stimulant, maar te veel daarvan kan ook nadelig wees.Foto: WIKIMEDIA.ORG  ~ 

DIE meeste van ons kan nie die dag begin sonder die kickstart wat ’n koppie koffie of twee (of drie) bied nie.

Maar koffie het ’n groter uitwerking op jou gestel as wat jy dalk gedink het, want sodra jy dit sluk, mol die bestand­dele daarvan reguit vir die lewer.

Daarna druis dit deur die are en verhinder dat jou liggaam adenosien afskei.

En adenosien is iets wat jy nodig het, want dit stimuleer slaap, maar nou is jou brein éérs wakker.

Ook, meer van die feel-good chemikalie dopamien word afgeskei. So, jou hart klop vinniger en die organe ontvang meer suurstof.

Maar soos alle goeie dinge, is te veel ook baie sleg vir jou. Dink aan dinge soos slaaploosheid, maagkrampe, loopmaag en bewerasies. – health24.com

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters