2 maande gelede
Clueless oor daai Kerskous?
DINK MOOI: Koop net geskenke wat by jou geliefdes pas.  ~ iStockPhoto

DIE meeste van ons sal blindelings tjieng uitgee op Kersgeskenke vir ons geliefdes.

Maar voordat jy daai geskenke koop, moet jy mooi dink oor watter tipe mens die ontvangers is en of hulle dit ooit gaan nodig hê.

Jougesin.­solidariteit.co.za gee ’n paar idees oor hoe jy die ideale geskenke vir jou geliefdes kan kies.

  • Skryf neer waarin die persoon belang stel.

Maak ’n lang lys. Gebruik jou tyd om alles neer te skryf waaraan jy kan dink. Vanselfsprekend kan jy nie alles op die lys koop nie. Maar dalk gee die brainstorming jou ’n idee – of selfs ’n kombinasie van idees. As dit ’n kollega of Secret Santa is wat jy nie goed ken nie, kan jy vir tips gaan vis by iemand wat die mens beter ken.

  • Dink ’n bietjie terug en gebruik dít as riglyn.

Jy gaan nie ’n tekort aan idees hê as jy die persoon goed ken nie. Dink terug en vind uit watter geskenke hulle al gekry het – van jou af en van ander mense af. Gebruik dit as ’n wegspringplek. Dalk was hulle bly oor ’n lekker choco­late of klere waarop hulle al lank ’n ogie gehad het.

  • Gee ’n belewenis eerder as ’n voorwerp.

Die meeste van ons is te behep met goed, maar dikwels is dit net iets wat in ’n kas gaan eindig. Wat van ’n ervaring as ’n geskenk? Dikwels waardeer en onthou mense dít beter. Weereens: Waarvan hou die persoon? As hulle like van lag, vind uit waar ’n goeie comedy show aan die gang is en kry vir hulle kaartjies. Dieselfde met musiek, konserte en ander shows. Deesdae is fliek so duur, jy kan selfs vir hulle ’n fliekkaartjie of twee present gee!

As jy die geskenk selfs meer persoonlik wil maak, kan dit ’n experience wees wat julle twee saam kan beleef.

  • Kry iets te ete.

Almal hou daarvan om lekker te eet, of hoe? Niemand sal dus disappointed wees as jy vir hulle iets gee om aan te smul nie. Moet nou nie hou by die dinge wat mense nodig het nie; spice dit op! Choco­late (wie hou nog van daai met die likeur in?), wyn, sweeties of cappuccino-sakkies is alles goeie idees.

  • Wat van ’n geskenk wat aanhou gee?

Kyk weer na die lys wat jy gebrainstorm het. Is daar iets waarvoor jy vir die mens ’n subscription kan kry? Dalk is daar ’n tydskrif waarvan die persoon hou, maar nie kan bekostig nie. ’n Mens kan ook betaal sodat jy vir ’n jaar byvoorbeeld goedkoper toegang het tot ’n botaniese tuin of akwarium.

As jy ’n bietjie meer het om op die geskenk uit te gee, kan jy byvoorbeeld ’n hele reeks spa treatments boek.

  • Wat is hulle planne vir 2020 en daarna?

Dalk kort die persoon net sokkies, skryfgoed of iets vir hulle foon. Party dinge gaan goedkoop wees; ander nie. Kyk wat jy kan bekostig en besluit dan watter gat jy vir hulle kan toestop.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters