26 dae gelede
Cheap trou beste opsie
pas getroudFoto ter illustrasie: peter abrahams  ~ 

’N TROUE kan maklik tussen R100 000 en R250 000 kos.

Die meeste paartjies wat trou, het nie eens die geld nie, so hulle leen dan maar geld.

Die duur troues is ook maar net om familie en vriende te beïndruk.

Daarna het die couple net ’n klomp skuld en hulle raak depressief. Dit gebeur soms ook dat hulle later skei.

Kabelo Khumalo en sy vrou het R2 000 gebruik om te trou. Hy sê dis die beste besluit wat hulle ooit gemaak het.

Kabelo (30) het sy vrou, Mukhethwa (25), in 2012 by ’n biddiens in Port Elizabeth ontmoet.

Trainee

Albei was daai tyd nog studente. Hulle het later begin date.

Hulle het oor trou gepraat, maar Mukhethwa was besig met haar honneursgraad.

Kabelo het al klaar graad gevang en was ’n trainee. Hy het nie baie geld verdien nie.

Hy het toe begin spaar vir lobola.

Hulle het in 2014 getrou en iemand wat mense in die huwelik bevestig, gevra om na ’n restaurant te gaan. Twee pelle was getuies.

Later het hulle ’n gazebo gereël en 12 vriende genooi. Die pastoor en sy vrou was ook daar.

Hulle het pizzas vir die troue bestel. Die onthaal is in ’n park gehou.

Albei sê dit was die moeite werd. W24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters