6 maande gelede
Bly by jou Kers budget
TYD MET GELIEFDES: Moenie dat Kersgeskenke jou arm laat nie.  ~ 

JOU Kerfeesklok tik al en binnekort sal die deurklokkie lui en jy jou gaste en geliefdes innooi.

Is jy gereed vir vanjaar se Kersviering? Het jy seker gemaak dat die nodige finansiële verantwoordelikhede en voorbereidings verbonde daaraan in plek is?

Moenie paniekerig raak nie, daar is Kersgeskenk-wenke vir enige besteding op die nippertjie.

Volgens Carla Oberholzer (skuldberader by DebtSafe) is dit nie eintlik spaarsaam om jou Kersinkopies vir die laaste minuut te los nie.

Hier is tien spaarsaamheidskoopwenke wat jy kan oorweeg wanneer dit by Kersgeskenke kom:

  • Sorg dat jy ? Kersfeesvoorraad- of geskenklys het en skryf so gou moontlik jou plan van aksie neer, aangesien jou tyd beperk is. Wees bewus van jou spanderingsdenke.

Kyk uit vir lae pryse en werklike winskopies, vergelyk pryse van die items wat jy moet aanskaf en kies winkels wat naby jou huis geleë is om in die proses brandstof te bespaar.

  • Maak seker dat jy nie oorspandeer nie en hou by jou Kersgeskenklys. Evalueer elke item by die betaalpunt om seker te maak dat jy tevrede is met die items in jou inkopiemandjie.
  • Moenie winkels toe gaan net om te loer wat daar is nie – jy sal altyd items vind wat jy “benodig”.
  • Pak ? geskenkmandjie vir iemand spesiaals. Wat van ? aandete-pakkie met ? resep in en bekostigbare bestanddele daarby?

Of, dink aan iets soos ? “pamperlang-geskenkpakkie” en Kerskous-inisiatief deur ? lang kous/sokkie te koop en dit met bekostigbare lekkernye te vul.

  • Die geskenk van ? ervaring: Gee vir ? geliefde ? handgemaakte geskenkbewys/koepon vir ? kookkuns- of bak-en-brou-klas, ? gratis haarsny of ? fotografiesessie.

Almal kan deelneem en dit geniet terwyl jy Ouma se hare stileer (so tussendeur die Kersvakansie-kaskenades).

  • Maak gebruik van gratis afleweringsaanbiedinge wanneer jy jou inkopies aanlyn doen. Dit is altyd lekker om ? geskenk in die gemak van jou eie huis te koop – dit nog teen ? goeie prys ook.

En, om dan ook nie te betaal vir die aflewering daarvan nie. Hoe is dit vir ? wen?

  • Moeg om dieselfde geskenke oor en oor vir daardie spesiale iemand te gee? Wat van ? bekostigbare donasie in jou geliefde se naam en om eerder ? sertifikaat vir daardie persoon te gee? Daar is verskeie instansies wat jy kan ondersteun, soos byvoorbeeld kinder- of ouetehuise, asook dierebeskermingsorganisasies.
  • Wat van souse, konfyte of stroop as geskenke gee? Jy kan self presente maak en byvoorbeeld van jou suurlemoenboom se suurlemoene gebruik vir daardie heerlike (aanmaak)stroop, waarvan almal só baie hou.
  • Loer deur die winskopie-vertoonrakke by die winkel, maar maak asseblief tog net seker dat die items wat daar is, wel op jou Kersfees-voorraadlys of geskenklys is, en werklik op ? “afslag” is.
  • Jy kan altyd besluit om eerder nie geskenke te koop nie – kwaliteittyd met jou geliefdes is baie meer werd as fisieke presente.
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters