3 maande gelede
Bloedarmoede bly weg met B12
eet reg: Vitamien B12 is belangrik.Foto: HEALTH.HARVARD.EDU  ~ 

VITAMIEN B12 is baie belangrik om die liggaam te help rooibloedselle vorm.

’n Tekort aan yster is die algemeenste vorm van bloedarmoede.

Daarom is vitamien B12 so belangrik. Dis nodig vir normale senuweestelsel- en breinfunksie en dit reguleer DNS.

B12 word gevind in onder meer bees­lewer, vis, vleis, hoender, eiers en suiwelprodukte.

As jy aan bloedarmoede ly, absorbeer die liggaam nie genoeg B12 nie. Dit lei dan tot ’n tekort aan rooibloedselle. Dié selle is belangrik vir die vervoer van suurstof deur die liggaam.

’n Tekort aan hierdie vitamien kan met bloedtoetse opgetel word en reggestel word met inspuitings en/of tablette. – Health24.com

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters