3 maande gelede
Besluit só of kid alleen kan bly
DINK MOOI: Oorweeg die woonbuurt waarin julle bly voordat jy jou kleintjie alleen by die huis los.FOTO VERSKAF  ~ 

EEN van die belangrikste vrae waarmee ouers worstel, is op watter ouderdom hulle hul kinders alleen by die huis kan los.

Ons het onlangs gelees van die 14-jarige Connor Isaacs van Glenhaven wat in die skoolvakansie in sy huis vermoor is.

Neem die volgende in ag voordat jy die kinders op hulle eie by die huis los:

  • Is jou kind gehoorsaam en neem hy goeie besluite?
  • Hoe reageer jou kind op onbekende of stresvolle situasies?
  • Gaan daar ander kinders wees? Hoeveel en hoe oud is hulle?
  • Weet jou kind wat om te doen as ’n besoeker by die huis opdaag?
  • Hoe veilig is jou woonbuurt?
  • Ken jou kind sy of haar volle naam, adres en jou foonnommer?
  • Weet jou kind waar jy is en hoe om jou en ander betroubare volwassenes te alle tye te kontak?
  • Is jou kind oud genoeg om hom- of haarself te verdedig?
  • Wie is jou bure en is hulle betroubaar? Hoe goed ken jy jou bure?
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters